Frontale lob

Die frontale lob word in blou aangedui.
Roterende animasie wat die frontale lob uitwys.

Die frontale lobbe[1] of lobi frontales[2] is 'n gebied in die brein van gewerwelde diere (vertebrate).

Die frontale lobbe is aan die voorkant van elke serebrale hemisfeer geleë, wat die brein in linker en regter helftes verdeel. Die pariëtale lobbe lê direk agter die frontale lobbe terwyl die temporale lobbe agter en onder die frontale lobbe lê (kyk beeld). Die frontale lob word deur die groef van Rolando (sulcus centralis) van die pariëtale lob geskei. Tussen die frontale en temporale lobbe is 'n diep vou of inkeping wat die fissura lateralis (fissura Sylvii) genoem word.

Die frontale lob word anatomies en funksioneel verdeel in (van agter na voor): die primêre motoriese korteks, die premotoriese korteks en die prefrontale korteks. Die frontale bliksentrum vir die aanstuur van oogbewegings lê net bo die premotoriese korteks.

  1. Everdingen, J.J.E. van, Eerenbeemt, A.M.M. van den (2012). Pinkhof Geneeskundig woordenboek (12de druk). Houten: Bohn Stafleu Van Loghum.
  2. Federative Committee on Anatomical Terminology (1998). Terminologia Anatomica. Stuttgart: Thieme

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search